By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 01 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Waaksame polisiebeamptes keer twee verdagtes vas
Die
Calvinia SAPD het twee verdagtes in die Calvinia Sentrale Sakekern opgemerk,
hulle genader en vier buise met beweerde plofstof gevind. Die twee manlike
buitelandse burgers, onderskeidelik 29 en 41 jaar oud, was deur die polisie op
16 November 2023 voorgekeer en deursoek en die vier buise plofstofpoeier is
versteek in 'n bottel gevul met Mageu gevind. Die verdagtes sal binnekort in
die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van plofstof. “Die
moontlikheid dat die twee verdagtes met ander sakerooftogte verbind kan word
waar plofstof gebruik is om kluise oop te maak, word ondersoek, het die
polisiewoordvoerder, Luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Related News