By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 01 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Health
Wêreld Vigsdag word vandag herdenk
Wêreld Vigsdag word
jaarliks op 1 Desember gevier. Op die dag word die gemeenskap herinner dat MIV/VIGS
steeds ‘n werklikheid is. Die
Wêreldgesondheidsorganisasie het klem daarop gelê op die erkenning van die
bydrae van gemeenskappe in die beheer van MIV-VIGS. Vanjaar se tema vir
Wêreld-vigsdag is "Laat gemeenskappe lei." Gratis toetsing en
behandeling vir MIV/VIGS is beskikbaar by gesondheidsorgsentrums in die Namakwa-
Distrik. Dit is beter om jou status te weet as om dit nie te weet nie.