By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 04 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Noord- Kaapse premier gaan Namakwa distriksmunisipaliteit geslagsbaseerde program bywoon
Die
Namakwa distriksmunisipaliteit in samewerking met die provinsiale regering, die
premierskantoor en die plaaslike staats departemente gaan ‘n geslagsgebaseerde
geweld program aanbied. Dit gaan plaasvind môre in die Okiep Rec Club om 9uur. “Die
Gemeenskap van Okiep word hartlik uitgenooi om die geleentheid by te woon en
sodoende u ondersteuning te gee aan geen geweld teen vroue en kinders,” het die
die uitvoerende burgemeeester mnr. Mervin Cloete gesê. Die Premier van die
Noord Kaap Dr. Zamani Saul en die LUR vir Jeug, Vroue, Persone met Gestremdhede,
Kommunikasie en E'- Regering, Venus Blennies gaan deel wees van diè program. Gemeenskappe
word versoek om ‘n pan of pot met ‘n lepel saam te neem na die geleentheid om
geraas te maak teen Geweld teen Vroue en Kinders. Tydens die program, sal die
distrikskantoor WêreldVigsdag ook vier en die Departement van Gesondheid gaan gratis
MIV/VIGS toetse aanbied.
Related News