By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 01 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Community
Water tekort in die Khâi-Ma Munisipaliteit
Die Khâi-Ma
Munisipaliteit dra kennis van die watertekorte die afgelope tyd in die
onderskeie dorpe. Die munisipaliteit poog onverpoos om die situasie te verander
met die beperkte hulpbronne wat tot hul beskikking is. Dit is 'n feit dat
verbruikers meer water gebruik gedurende die somerseisoen en as gevolg van
uiterste hitte binne die Munisipale gebied. Hoogliggende gebiede in al die
dorpe word dan direk hierdeur geraak met lae waterdruk tot geen water op tye. “Hierdie
situasie het vererger as gevolg van die implementering van beurtkrag, want
tydens beurtkrag kan daar nie water pomp om die reservoirvlakke te handhaaf. Eskom was voorheen genader om die pompstasies
van beurtkrag vry te stel, maar sonder enige sukses,” het die munisipaliteit gesê.
Related News