By: Bernadine Edith Hein
Date: Mon, 04 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Noord-Kaapse regering stig span om munisipaliteite waar te neem
Die
Noord-Kaapse regering gaan ’n span saamstel om te kyk watter munisipaliteite
glo dat hulle vir boonste perke kwalifiseer. Dit kom nadat die LUR vir
Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Bentley
Vass, en verskeie ander belanghebbendes gister ‘n vergadering gehou het om
kwessies van boonste perke op te los waarop munisipaliteite meen hulle geregtig
is. Tydens die vergadering het kommer oor die verduidelikings vir die
kwalifiserende kriteria vir die implementering van boonste perke die meeste
munisipaliteite onbevredig gelaat. Die span is gestig omdat die Suid-Afrikaanse
Plaaslike Regering vereniging voorsitter, Michael Segede, versoek het dat ‘n
tegniese span saam met verskeie belanghebbendes saamgestel word om te kyk hoe
munisipaliteite gehelp kan word met skuld wat hulle het.
Related News