By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 04 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Die regering het ʼn plan om sekere staatsinstellings van beurtkrag te spaar
President Cyril Ramaphosa het die naweek tydens sy ampsbesoek
aan die COP28-beraad in Dubai gereageer op Vrydag se uitspraak deur die
Pretoria Hooggeregshof oor beurtkrag. Die hof het beveel dat alle staatsinstellings soos
hospitale, skole en polisiekantore minder nadelig deur beurtkrag geraak word.
President Ramaphosa sê die regering beskou dit
as ʼn belangrike kwessie en doen reeds alle nodige stappe om te verseker dat
hierdie instellings beurtkrag beter kan bestuur. Hy sê die hofuitspraak het juis beveel wat die
regering wil sien gedoen word. Hy
sê die regering wil sien dat onder andere hospitale die nodige elektrisiteit
het tydens fases van beurtkrag.