Aanklagte van moord is gister teen ‘n 27-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy swanger meisie vermoor het, teruggetrek. Die Hartswater Distrikshof in die Noord-Kaap het die moordklag teen Sobressa Bosman teruggetrek nadat hy in aanhoudingselle dood is. Bosman is daarvan aangekla dat hy sy 29-jarige swanger meisie doodgesteek het. Hy sou in die hof verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê ondersoeke het daartoe gelei dat hy vrygelaat is.