Vandag, gaan daar gemeenskapsvergaderings plaasvind in Wyk 8 onder leiding van Raadslid Amos Palori. In die Buffelsrivier gemeenskapsaal om 10uur, op Komaggas in die Raadsaal om 2uur en op Kleinzee in die Rec Klubsaal om 5uur namiddag.  Donderdag, 7 Desember sal ‘n gemeenskapsvergadering plaasvind in die Okiep Rec Club. Die vergadering word saam geroep deur die wyksraadslid mnr. Josua Losper en sal om 5uur plaasvind.