By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 06 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Departement van Water en Sanitasie stel sy volledige Bloudruppelverslag bekend
Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het gister sy
volledige Bloudruppelverslag vir 2023 vrygestel wat 'n beoordeling van
drinkwatergehalte verskaf, en die volledige Geen Druppelverslag wat fokus op
waterverliese en nie-inkomstewater in alle munisipaliteite in die land. Volgens
die departement het Noord-Kaap die hoogste persentasie drinkwaterstelsels met
swak of kritieke werkverrigting (87%). Dit het verswak van 48% in 2014. Volgens
die departement van water en sanitasie het die reguleerder kommentaar gelewer
dat die Khai Ma plaaslike munisipaliteit versuim het om enige dokumentasie voor
te lê wat getuig van waterkwaliteit wat aan die gemeenskappe verskaf word.