By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 06 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Hartswater-man wat swanger vriendin doodsteek, dood aangetref
’n Man van
Hartswater in die Noord-Kaap, wat daarvan beskuldig word dat hy sy swanger
vriendin om die lewe gebring het, is dood aangetref in die aanhoudingselle by
die Hartswater-polisiekantoor. Dit is nog nie bekend hoe hy gesterf het nie, sê
Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, wat die voorval bevestig het. Vroeër was
berig dat die 27 jarige Sobressa Bosman in die Hartswater-distrikshof voorgekom
op ’n aanklag van moord. “Bosman is beskuldig van die steekdood van Faith
Davids, sy swanger, 29-jarige vriendin,” het Senokoatsane gesê. Die oorledene
was na bewering omstreeks 03:30 op 25 November by ’n niggie se huis op pad
terug vanaf ’n plaaslike kroeg. Kort daarna het die beskuldigde by hulle
aangesluit en ’n rusie het ontstaan.” Tydens die bakleiery het die beskuldigde
sy vriendin meermale gesteek. Die slagoffer is hospitaal toe geneem, waar sy
dood is. Die saak is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is in hegtenis
geneem.
Related News