By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 06 Dec 2023Language: AfrikaansCategory: Government
!Kheis Munisipaliteit versoek die publiek om hul rommel netjies te pak
Die !Kheis
Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap versoek inwoners om hul rommel
netjies in hul agterplase te pak totdat hulle dienste kan verrig. Die
munisipaliteit se vullisvragmotor ondervind tans meganiese probleme. Die
munisipaliteit sê geen vullisverwyderingsdienste sal geïmplementeer word totdat
die vragmotor volledig herstel is nie. Die munisipaliteit vra om verskoning vir
die ongerief.