By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 06 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Aansoek om vrywaring van beurtkrag vir waterdienste
Nama Khoi munisipaliteit het ‘n
gevoel van verantwoordelikheid en toewyding teenoor die gemeenskap met
betrekking tot die mees onlangse ontwikkelinge in verband met hul waterdienste te
deel. Die munisipaliteit het onlangs ‘n aansoek ingedien by Eskom in ‘n poging
om die vrywaring van beurtkrag vir die waternetwerk te verkry. Die aansoek is gerig
omdat die volgehoue toepassing van beurtkrag veroorsaak dat daar drukking in
die waterstelsel plaasvind, wat lei tot pypbarste en die onderbreking van die
watertoevoer na die gemeenskappe. Tans is die munisipaliteit in afwagting van Eskom
se reaksie op hul vrywaringsaansoek.
“Verder wil ons u inlig dat Bloem
Water kennis gegee het van beplande inisiatief om staalpype aan te lê op die
lyn wat verantwoodelik is vir die watervoorsiening aan Concordia. Ons
munisipale amptenare werk tans hard met Bloem Water om die nodige ondersteuning
te vreleen en die watertoevoer so spoedig moontlik te herstel,” het die Munisipale
bestuurder, mnr Jan Swartz gesê.
Related News