Die Kimberley polisie in Noord-Kaap het die gemeenskap versoek om meer waaksaam en wakker te wees wanneer kitsbanke gebruik word. Dit is as gevolg van die groot aantal misdade wat aangemeld is. Die polisie het by die publiek gepleit en ’n paar wenke gedeel oor hoe om te voorkom dat ’n slagoffer van misdaad gedurende hierdie feestyd word.