By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 07 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Kamiesberg luisteraar luister Nfm op hul eie frekwensie
Vir die afgelope 20 jaar het verskeie gemeenskappe in
en die buite die Namakwa- ditsrik verlang om ook hul gemeenskapsradiostasie na
te kan luister. Die uitroep het vir van die luisteraar gevoel asof dit op dooie
ore val, maar min het hulle geweet dat die direksie en bestuur van Radio Nfm 98.1
besig was om toe te sien dat al die luisteraars in die distrik na Nfm kan
luister. Gister het daar ‘n groot opgewondenheid geheers in die Kamiesberg
plaaslike munisipaliteit nadat die sein in die munisipale area aangesit is.
“'n Paar dorpe binne Kamiesberg Munisipale area kon vir
jare nie die genot ervaar van Radio NFM 98.1, omdat die frekwensie te swak of
nooit daar was nie. Wel, dit is op
einde! Dorpe binne die munisipale area kan van gister af na Radio NFM luister
op frekwensie 90.7 FM. Graag wil Kamiesberg Munisipaliteit haar dank uitspreek
teenoor Radio NFM 98.1 en al die relevante rolspelers, wie dit moontlik gemaak
het,” het die munisipalieteit gesê.
Related News