Die jaarlikse Richtersveld Liggie fees vind plaas tussen 13 en 17 Desember 2023. Die fees bied aan ‘n vuurwerk vertoning op 15 Desember vanaf 22:00 wat waargeneem gaan word deur ‘n pyrotegnikus. Die munisipaliteit versoek vriendelik die inwoners van Port Nolloth om vir hierdie tydstip u diere binnenshuis te hou en te beveilig. Ons vra vir u samewerking in die verband om die sukses van die fees te verseker.