By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Dec 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Namakwa Biblioteke verwelkom ekstra hande
Biblioteke
is in ekstase in Namakwa met nagenoeg 11 nuwe studente wat in Januarie 2024 sal
indiens opleiding ontvang in plaaslike publieke Biblioteke. Die studente
verbonde aan plaaslike Munisipaleteite was vir 12 maande deel van Department
Plaaslike Ontwikkeling Opleiding Kamp in Upington. Die ekstra hande sal help
met die bevordering van ‘n leeskultuur in wyke, verhoging van aktiewe
lidmaatskap, leerder navorings projekte vir silabus verwante take, formasie van
boek klubs, boek sirkulasie bevorder, internet navigasie vir studente, aanlyn
aansoeke vir voornemnde studente en algemene Biblioteek administrasie. Studente
raporteer op die 8ste Januarie 2024 aan Biblioteke soos aangedui tydens
opleiding. "Meer personeel speel ‘n kritiese rol in die kwaliteit
Biblioteek dienste wat ons lewer, ons verwelkom almal met ope hande en sien uit
om ons dienste aan die mense met passie en oorloof te bied” het Bertie Saal
verbonde aan Namakwa Biblioteke, bemoeid met die bevordering van lees in
Namakwa gesê.
Related News