Die Noord-Kaapse polisie het Saterdag ’n vrou en vier kinders sonder dokumentasie in Kimberley aangehou. Polisielede het ‘n verdagte voertuig voorgekeer en twee mans, ‘n vrou en vier kinders is in die voertuig gevind. ‘n Polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, sê hulle het beweer hulle was op pad na ‘n busterminaal in die dorp om op ‘n bus na Zimbabwe te klim.