Die Brandvlei-polisie het 'n 19-jarige man in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op die 18 jarige Hesty Ann Green van Brandvlei, op 31 Desember 2023. Die verdagte is glo afkomstig van Brandvlei, maar werk tans in Kaapstad, volgens Nikolas Swartz, 'n oom van wyle Hesty-Ann. Die verdagte het gister, in die Calvinia-hof verskyn, het sersant Molefi Shemane, polisiewoordvoerder gesê. Die verdagte sal weer op Vrydag, 12 Januarie 2024 in die Calvinia-landdroshof verskyn vir 'n formele borgtogaansoek.