Gister was van die NCM raadslede regoor die Namakwa distrik by skole; Dr. Gustav Bock was SA van Wyk Hoërskool, Richie Cloete by St. Anna Privaatskool Hendriena Coetzee was by Marias Gedenk Primêre skool, Hilton Nel by Hoërskool Boesmanland, Sabina Cloete by JJ Lambert (Garies) en Rodville Adams was by Kleinzee. Richie Cloete se tema vir sy boodskap by St. Anna Privaatskool was: 'The gift of reality equals the gift of justice' en as dit so losweg vertaal word sê dit; 'Water vloei nie agteruit nie. So probeer om soos 'n rivier te vloei. Vergeet van die verlede en fokus op die toekoms. Wat jy insit is wat jy uitkry, Goed of sleg, Wees altyd positief.' “Mag elke skool in 2024 oorwinnings vier en baie vuurmaakhout vir ons oudag bymekaar maak.”   Die Terug skooltoe-veldtog is in Concordia gehou met waarnemende distriksdirekteur mnr Farao as die hoofspreker wat ‘n motiverende boodskap van die LUR Monakali gelewer het, wat handel oor kritieke aspekte soos Skoolveiligheid, Tienerswangerskap, Komende skool beheerliggaam -verkiesings en Nasionale Onderwyserstoekennings. Die gees van die Onderwysgemeenskap was hoog met die goeie nuus dat die Skoolbestuurder Me Vollmer na Kimberley genooi is vir die Provinsiale Matriekuitslae-toekennings. Die skoolbestuurder was opgewonde van die aflewering van stoele en twee 5000 liter-watertenks vanaf LUR Bentley Vass. Bertie Boekwurm het die belangrikheid van lees en biblioteeklidmaatskap beklemtoon.