By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 18 Jan 2024Language: AfrikaansCategory: Education
ActionSA besoek Noord-Kaap TVET Kollege
ActionSA
in die Noord-Kaap het gister die Phatsimang-kampus TVET-kollege in Kimberley
besoek om te help met befondsingsaansoeke. ActionSA sê as ‘n party wat onderwys
waardeer, moet finansiële beperkings niemand verhoed om toegang tot hoër
onderwys en leergeleenthede te kry nie. Andrew Louw van ActionSA sê hulle werk
daaraan om ‘n volhoubare en meer toeganklike tersiêre befondsingsmodel te
ontwikkel wat toepaslike befondsing aan studente verskaf.