Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het die toevoerpunte wat elektrisiteit aan Nababeep, Carolusberg, Okiep, en Concordia verskaf as kritieke toevoerpunte geïdentifiseer aangesien die primêre waterverspreidingspompstasies in die elektriese netwerke ingebed is. Om die pompstasies aangeskakel te hou tydens fase 5 en 6 beurtkrag, vereis Eskom dat Nama Khoi Munisipaliteit die aanvraag in hierdie dorpe verminder om die betrokke pompstasies aangeskakel te hou om water te versprei. Die prosedure behels die afskakeling van areas en die isolering van die kraglyne wat die elektrisiteitspompstasies voorsien. Die Munisipaliteit beplan tans die oorskakelingsprosedure tot 'n optimum om doeltreffendheid te verseker en om die doelwit vir lasvermindering te bereik.