Die borgtogaansoek van die verdagte, Shuphren Ouers, sal vanoggend voortgaan. Ouers word gearresteer vir die moord op die Die moordsaak van die 18-jarige Hesty Ann Green van Brandvlei. Die tragiese insident het op die oggend van 31 Desember 2023 plaasgevind. Green was oppad huis toe van 'n nuwejaarsdans en is deur die beskuldigde aangekeer en wreed vermoor. Green se oorskot is later daardie middag by 'n verlate gebou onder bourommel gevind.