Die Burgemeester van die Richtersveld munisipaliteit Cornell Knoph en die Raad het as deel van die Back To School Program sportdrag en skryfbehoeftes aan leerders by Elizabeth Wimmer Primêre Skool op Lekkersing en Gaffie Maree Primêre Skool op Alexanderbaai oorhandig. “Dankie aan al die onderwysers wat so 'n belangrike rol in die lewens van ons kinders speel. Ons waardeer julle toewyding,” het die burgemeester gesê.