By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 19 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Accident
Stiefpa gevonnis omdat hy kleuter met elektriese koord geslaan het
’n
30-JARIGE man is in die Galeshewe-streekhof skuldig bevind en gevonnis vir die
mishandeling van sy twee jarige stiefseun. Noord-Kaapse polisiewoordvoerder,
sers. Molefi Shemane, verduidelik dat die Galeshewe-polisie op 22 Mei 2022 'n
klag oor kindermishandeling ontvang het. "Die Galeshewe SAPD het 'n klag
ontvang in verband met 'n stiefpa wat sy tweejarige kleuter mishandel het deur
hom vir 'n sekere tydperk met 'n elektriese koord oor die hele liggaam te slaan,"
het Shemane gesê. “Die slagoffer was na die dokter geneem en die mediese
ondersoek het die ernstige beserings wat die slagoffer opgedoen het bevestig.
Die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem.” Die hof het die stiefpa tot 10
jaar gevangenisstraf gevonnis.