By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 21 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Health
Opgradering van Gesondheids Fasaliteit in Rooiwal
Die gemeenskap van Rooiwal teen die Namibia grens gaan
eersdaags gratis en kwaliteit gesondheids dienste op hul voorstoep ervaar. Die
kliniek was opgerig met die doel om die gemeenskap te dien en hul gesondheid
sorg te prioritiseer. Die gebou het egter al deur geloop onder vandalisme en
geniet huidiglik aandag. Plaaslike inwoners gebruik op die stadium Vioolsdrift
Kliniek en sukkel soms om by die gerief uit te kom. 6 Plaaslike inwoners werk
by die projek insluitend vrouens van die gemeenskap en sal 3 maande duur. “Die
projek is gemeenskap verwant en is ‘n groot hulp vir die mense en ek wil graag
die gemeenskap vra om die gebou op te pas,” het Raadslid Susan Cloete gesê. Voltydse
sekuriteit hou dag en nag toesig oor die konstruksie projek.