By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 21 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Springbok polisie neem koperkabel verdagte in hegtenis
Die polisie in Springbok het 'n padblokkade op die N7
uitgevoer toe hulle 'n aansienlike hoeveelheid koperkabels gevind het. ’n
39-jarige man is in hegtenis geneem en koperkabels wat 14,03 kg weeg met ’n
geraamde waarde van R2 050 is gekonfiskeer. Altesaam 139 voertuie en 182
persone is by die padblokkade deursoek. “Die SAPD het ’n streng waarskuwing
uitgereik dat die diefstal van koperkabels en die skade aan noodsaaklike
infrastruktuur nie geduld sal word nie,” het polisiewoordvoerder kolonel Cherelle
Ehlers gesê.