By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 21 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Government
Suid-Afrikaners gaan op 29 Mei na die stembus
President
Cyril Ramaphosa het gisteraand bekend gemaak dat die nasionale en provinsiale
verkiesings hierdie jaar op 29 Mei sal plaasvind. Die datum in Mei val binne
die tydsraamwerk wat die meeste politieke ontleders voorspel het en stem ook
ooreen met datums van vorige verkiesings wat in April, Mei of Junie gehou is. Die
aankondiging is deur die meeste politieke partye verwelkom. Dit beteken dat
politieke partye nou in alle erns met hul onderskeie verkiesingsveldtogte kan
begin en weet waarvoor hulle beplan. Die president sê die datum sal binnekort
amptelik in die Staatskoenrant gepubliseer word. Suid-Afrikaners moet kennis
neem dat die geleentheid om te registreer om te stem tot ʼn einde kom sodra die
datum in die Staatskoerant verskyn.