By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 21 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
18 jaar tronstraf vir vermeende verkragter
18 jaar tronkstraf is deur die Prieska Streekhof aan
Remarco Joseph opgelê, ná die verkragting van 'n jong meisie in Prieska op
Saterdag, 14 Maart 2015. “Remarco met sy drie makkers het die slagoffer na
bewering na 'n huis in Rooiblock Prieska geneem en haar om die beurt verkrag en
haar in die straat gelos. ’n Lid van die publiek het haar bygestaan deur die
polisie in te lig en die vier verdagtes is in hegtenis geneem,” het polisiewoordvoerder
Sersant Timothy Sam gesê. Die Prieska-streekhof het Remarco op Maandag, 19
Februarie 2024 skuldig bevind op een aanklag van verkragting en hy is tot 18
jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Hy is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen
te besit en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksoortreders opgeneem
word.
Related News