President Cyril Ramaphosa het die amptelike datum vir die provinsiale en nasionale verkiesings verklaar wat op 29 Mei 2024 gaan plaasvind. Merk u kalenders en maak gereed om u stemme dik te maak. In die lig hiervan het die uitvoerende burgemeester raadslid Mervin Cloete van die Namakwa Distriksmunisipaliteit 'n dringende beroep gedoen op alle stemgeregtigde kiesers in Namakwa om voor die sperdatum te registreer, wat Vrydag, 23 Februarie 2024, om 17:00 is. “Moenie hierdie belangrike geleentheid misloop om deel te neem aan die vorming van die toekoms van ons nasie nie. Onthou, jy is geregtig om te stem as jy 18 jaar oud is, 'n burger van Suid-Afrika is en 'n Suid-Afrikaanse ID besit,” het Cloete gesê.