Die burgemeester van die Richtersveld munisipaliteit, Cornell Knoph nooi die gemeenskap van Wyk 6 uit na ‘n gemeenskapsvergadering wat vandag gehou sal word. Dit sal plaasvind in die Drop Inn Centre, Port Nolloth om 17:30. “U teenwoordigheid sal hoog op prys gestel word,” het Knoph gesê.