As deel daarvan om te verseker dat die Noord- Kaap die matriekuitslae verbeter, het Die Premier, Dr. Zamani Saul, gister met die LUR verantwoordelik vir Onderwys, mnr. Zolile Monakali, saam met die span senior bestuurders onder leiding van die waarnemende departementshoof, dr. Michelle Ishmail ontmoet. Die vergadering kom nadat die departement hul ontleding van die matriekuitslae afgehandel het en 'n omkeerstrategie ontwikkel het om leerderuitkomste vir die 2024-skooljaar te verbeter. Hierdie plan vorm deel van die Departement se 10 jaar omkeerstrategie vir die Noord-Kaap en sal in hoërskole regoor die provinsie geïmplementeer word.