By: Bernadine Edith HeinDate: Mon, 26 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Ambulans teruggevind na waaksame optrede van Pofadder polisie
Die waaksaamheid van lede van Pofadder SAPD het gelei tot
die opsporing van die ambulans minute nadat dit na bewering van die
hospitaalperseel in Pofadder gesteel is. Die ambulans was glo voor die
hospitaal geparkeer toe dit op Saterdag omstreeks 18:00nm gesteel is. “Die
polisie het minute later die ambulans op die N14 naby die Gamsbergmyn tussen
Pofadder en Aggenys teruggekry,” het polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel
Sergio Kock gesê. Die twee verdagtes is tussen die ouderdomme 23 en 28 jaar oud
en is in hegtenis geneem vir diefstal van 'n motorvoertuig en sal na verwagting
binnekort in die Pofadder-landdroshof verskyn.