By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 27 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Kimberley polisie soek hulp met opsporing van Calvinia man
Die Kimberley-polisie doen 'n beroep op die publiek om te
help om die 80-jarige August Waterboer, wat in Rossouwstraat 03, Loriesfontein
in Calvinia woonagtig is, op te spoor. August is in die Robert Mangaliso
Sobukhwe-hospitaal in Kimberley opgeneem en is laas op Vrydag, 23 Februarie
2024 deur veiligheidswagte gesien wat by die hospitaalingang uitstap en nie
teruggekeer het nie. “Hy het 'n bruin langbroek en 'n blou geruite hemp
aangehad. Enigiemand wat dalk inligting het oor waar August is, kan
speurdersersant Jon-Ross Webb by 069 703 9826 of 08600 10111 kontak of anoniem
na 32211 sms of die MySAPS-toepassing gebruik,” het polisiewoordvoerder Timothy
Sam gesê. Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word. Die
publiek word ook daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om 'n persoon as
vermis aan te meld nie.
Related News