Die Pofadder-streekhof in die Noord-Kaap het Woensdag ‘n 32-jarige man tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord. Die beskuldigde het kookwater oor sy slagoffer gegooi. Die aanranding het gevolg ná ‘n onderonsie. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, sê die polisie is geloof vir hul harde werk.