By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 27 Feb 2024Language: AfrikaansCategory: Government
DA lê formele klagte teen die Gamagara-munisipaliteit
Die DA in die Noord-Kaap het ‘n formele klag by die Suid-Afrikaanse
Menseregtekommissie ingedien teen die Gamagara-munisipaliteit omdat hy versuim
het om ‘n rioolafvoer te ontblokkeer. Die drein veroorsaak ‘n ondraaglike stank
en hou gesondheidsrisiko’s in vir laerskoolleerders in Welgelee. Die verstopte
rioolafvoer het in Maart verlede jaar ‘n rou rioolrivier gevorm. Die DA sê
onder sy burgemeesterskap was daar konsekwente bestuur van die drein, wat die
verdere storting van riool verhoed het. Die DA se Neville Koikoi sê die party
sal voortgaan om die situasie te monitor en te verseker dat die munisipaliteit
aanspreeklik gehou word en die rioolafvoer permanent reggemaak word.