By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 27 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Inbreker opgespoor en gearresteer
’n
Saak van huisbraak is Sondag, by die polisie in Upington aangemeld. Die eerste
reageerders op die toneel, sers Steven De Wee en konstabel Wiseman Kalipa het
ondersoeke gedoen wat gelei het tot 'n huis is Louisvaleweg waar van die
gesteelde items na bewering verkoop is. “Hulle het die skootrekenaar, selfoon
en skoene ontdek wat by die verskafde beskrywing pas, ontdek. Die 26-jarige
manlike verdagte is toe aangekeer en vir huisbraak gearresteer,” het polisiewoordvoerder
sersant Omphile Masegela gesê. Hy is in polisie-aanhouding en sal na verwagting
binnekort in die hof verskyn. Die koop of besit van gesteelde goedere is 'n
strafbare misdaad en die SAPD stuur 'n streng waarskuwing daarteen.
Related News