Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n hoë brandgevaarwaarskuwing vir twee provinsies uitgereik. Dit sluit die noordelike en sentrale dele van die Noord-Kaap, die binneland van die Namakwa-distrik en oor die binneland die Weskus en die Kaapse Wynlande in die Wes-Kaap in. Uiters warm en ongemaklike toestande word ook op plekke oor die binneland van Namakwa, die Weskus, insluitend die Stad Kaapstad en die Kaapse Wynlande verwag.