By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 28 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Laaste Uitgebreide Uitvoerende Raad Lekgotla vir die 6de Administrasie plaasgevind
Die
Provinsiale Uitvoerende Raad onder leiding van Premier, Dr. Zamani Saul, het die
laaste Uitgebreide Uitvoerende Raad Lekgotla vir die 6de Administrasie
byeengeroep voor die Staatsrede wat op Donderdag, 29 Februarie 2024 gelewer sal
word. Die lekgotla het 'n besinning gemaak oor die prestasies van die 6de
Administrasie oor sy teikens, en ook die pas aangegee vir die werk van die
regering vir die res van die finansiƫle jaar en termyn van bestuur. Premier
Saul het in sy toespraak die Staatsamptenare bedank vir die werk wat hulle
gedoen het in 'n poging om die visie van 'n Moderne, Groeiende en Suksesvolle
Provinsie te verwesenlik wat daartoe lei dat die ervaring van die mense van
hierdie Provinsie verander.
Related News