By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 28 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Polisiebeampte in hegtenis geneem vir verkragting
Die onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het 'n
polisiebeampte wat by Niekerkshoop-polisiestasie gestasioneer was, gearresteer
omdat hy na bewering 'n 27-jarige vrou verkrag het. Phaladi Shuping,
woordvoerder van Opod, het Dinsdag gesê die klaagster het op 23 Februarie saam
met haar vriende 'n taverne besoek toe die polisiesersant opdaag en haar
selfoon met geweld gevat het. Later dieselfde aand het sy haar foon by die
beampte se woning gaan haal, waar sy beweer dat hy haar verkrag het. “Die saak
is by Opod aangemeld en die polisiebeampte is op 27 Februarie in hegtenis
geneem. Die beampte sal Woensdag in die Prieska-landdroshof verskyn,” het
Shuping gesê.
Related News