By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 28 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
ProvJoints is gereed om die provinsiale rede in Kimberley te polisieer
Die
Noord-Kaap Provinsiale Gesamentlike Veiligheidsmagte (ProvJoints) is ontplooi
om te verseker dat die provinsiale rede glad verloop. Die premier, Zamani Saul,
gaan môre sy toespraak by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum in Kimberley
lewer. Die wetstoepassingsagentskappe het bevestig dat hulle hulpbronne
gemobiliseer het om polisiesigbaarheid te verhoog om misdade voor, tydens en na
die beplande geleentheid te voorkom en te bekamp. ‘n Polisiewoordvoerder,
brigadier Mashay Gamieldien, sê die publiek moet alternatiewe roetes gebruik
aangesien die West Circular-pad wat na die konvensiesentrum lei, van môreoggend
af vir verkeer gesluit sal wees.
Related News