By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 29 Feb 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Twaalf verdagtes in hegtenis geneem vir beweerde onwettige mynbou
Die multi-dissiplinêre onwettige mynoperasie "Vala
Umgodi" deur SAPD, SANW en Departement van Binnelandse Sake, het 12
verdagtes in hegtenis geneem vir beweerde onwettige mynbou en betreding in
Kleinsee op Maandag, 26 Februarie 2024. “Die polisie het inligting ontvang oor
twee voertuie wat onwettige mynwerkers vervoer het. Die span het die inligting
geoperasionaliseer, rondom die myngebied gepatrolleer en die twee
geïdentifiseerde voertuie opgemerk,” het ‘n polisiewoordvoerder Sersant Timothy
Sam gesê. Die span het beslag gelê op twee voertuie wat vermoedelik in die
pleging van die misdaad gebruik is en daar is ook beslag gelê op siwwe, grawe,
beitels, handhamers en ’n 20 liter-houer met diesel. Die verdagtes sal
binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.
Related News