By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 01 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Sithole skei paaie met Sol
Die bestuurder van plaaslike ekonomiese ontwikkeling,
Phetole Sithole, het van Sol Plaatje-munisipaliteit geskei nadat ’n wedersydse
skeidingsooreenkoms onderteken is. Sithole het in 'n bitter dispuut gewikkel
geraak nadat hy geweier het om 'n betaling van R4,2 miljoen aan 'n
diensverskaffer vir terreinvestiging by die Roodepan-pompstasie te magtig
aangesien 'n ander diensverskaffer reeds R2,2 miljoen vir dieselfde doel betaal
is. Sithole het ook kommer uitgespreek oor die kontrakteur se belastingstatus
en voldoening aan voorsieningskettingbestuursprosesse. Sake is ook verlede jaar
by die Valke, Openbare Beskermer en Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) aanhangig
gemaak oor 'n tender van R25 miljoen wat aan dieselfde diensverskaffer toegeken
is vir die opgradering van die Legaeng- en Eaglestraat-pompstasies in Roodepan
asook 'n water en sanitasieprojek in Leratopark.
Related News