By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 01 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Meer as twee miljoen randse sigarette deur die polisie gekonfiskeer
Lede van Upington Grenspolisie bygestaan
deur Kimberley misdaadintelligensie, ZFM Hoofwegpatrollie, Upington POP en SARS
Doeane het gereageer op inligting oor beweerde onwettige sigarette wat op
Donderdag, 29 Februarie 2024 by een van die groothandelaars in Upington gestoor
en verkoop word. “Die polisie het ‘n deursoeking en beslaglegging op die
perseel uitgevoer en onwettige sigarette ter waarde van R 2 602 490.00 is
ontdek en beslag gelê, het ‘n polisiewoordvoerder adjudant offisier Omphile
Masegela, gesê. ’n Ondersoekdossier is geopen en die sigarette is aan Doeane
oorhandig vir verdere ondersoek. Die polisie sal voortgaan met pogings om die
handel in onwettige sigarette aan te spreek en te verseker dat die oortreders
voor die gereg gebring word.
Related News