Met 'n begroting van ongeveer R3 miljoen en sowat 3 000 gaste wat die Noord-Kaapse staatsrede (Sopa) bygewoon het, wat deur die premier dr. Zamani Saul gister by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum in Kimberley plaasgevind. Die speaker van die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer, Newrene Klaaste, het daarop gewys dat gaste wat dit bygewoon het, lede van die Nasionale Vergadering (NV), die Nasionale Raad van Provinsies (NRV), die sakesektor, die godsdienssektor, regeringsbelanghebbendes en -entiteite, munisipale burgemeesters en sprekers insluit. Die verskillende politieke partye wat in die wetgewer verteenwoordig was – insluitend die African National Congress (ANC), die Demokratiese Alliansie (DA), die Economic Freedom Fighters (EFF) en die Freedom Front+ – was ook almal genooides.