By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Vonnisoplegging van ’n moordbeskuldigde op Keimoes plaasgevind
’n Skuldigbevinding en vonnisoplegging van ’n
moordbeskuldigde, die 28 jarige Benwill Pico, is op 6 Maart 2024 in die
streekhof van Keimoes uitgespreek. Op 2022-05-10 het die polisie in Keimoes 'n
moordtoneel by die stortingsterrein bygewoon waar 'n manspersoon met
veelvuldige steekwonde aan sy bolyf oorlede aangemeld is. “Die oorledene het is
die 48 jarige Koos Sebolai wat by ondersoek aan die lig gekom het dat hy na
bewering deur die beskuldigde Pico gesteek is nadat hy 'n argument gehad het by
die stortingsterrein,” het polisiewoordvoerder Sersant Omphile Masegela gesê. Die
beskuldigde is gearresteer en is op borg vrygelaat tot die tyd van
skuldigbevinding toe hy tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis is.
Related News