By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Richtersveld munisipaliteit ervaar uitdagings met inloop van water by Muisvlak
Die Richtersveld munisipaliteit ervaar
die afgelope 4 dae uitdagings met inloop van water by Muisvlak, wat veroorsaak
dat die damvlakke nie kan voldoen aan die vereistes water aanvraag in die dorp
nie. Die swak inloop kan toegeskryf word aan die volgehoue beurtkrag skedule
waaraan die munisipaliteit onderwerp word asook waternetwerk en sisteem
probleme waarmee Alexkor tans worstel. Na die gesprek met die hoof uitvoerende
beampte van Alexkor, Mnr Trevor Fowler vanoggend was die versekering aan die
munisipaliteit gegee dat die tegniese span van Alexkor alles in hul vermoë doen
om die probleem in Alexanderbaai uit te sorteer om sodoende water volhoubaar na
die Muisvlak dam te kan pomp. RVM waterspan het alreeds bevestig dat daar
inloop by Muisvlak dam is wat die probleem van watervoorsiening nou onmiddelik
kan aanspreek. “Ons is ook bewus gemaak dat water by party huise n ander kleur
toon. Ons waterspan en die Gemeenskap Gesondheids beampte ondersoek tans die
aangeleentheid en sal ons spoedig hieroor terugvoering gee,” het die Richtersveld
munisipaliteit gesê.
Related News