By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Other
Waterbewaring hoog op agenda
’n
Multi-belanghebbende-betrokkenheid om innoverende oplossings vir die water- en
sanitasie-uitdagings wat in die Noord-Kaap ervaar word aan te spreek en te
vind, was hoog op die agenda tydens die Waternavorsingskommissie (WNR) se roadshow
en werkswinkel in Kimberley hierdie week. Die tweedaagse werkswinkel het by Sol
Plaatje Universiteit plaasgevind en is bygewoon deur verskeie belanghebbendes,
insluitend provinsiale amptenare van die Departement van Water en Sanitasie,
amptenare van Sol Plaatje Universiteit en die SA Plaaslike Regeringsvereniging
(Salga) en belanghebbendes in die mynbedryf. Die Hoof uitvoerende beampte van
die Waternavorsingskommissie, dr Jennifer Molwantwa, het gesê die roadshow is
'n opvolg van vorige afsprake wat in 2023 plaasgevind het.
Related News