Nog twee politieke partye sal nie in Mei vanjaar aan die verkiesing kan deelneem nie. News24 berig dat die Spectrum National Party en die Unemployed People’s Movement nie genoeg handtekeninge kon kry vir hul deelname aan die verkiesing nie. Die twee partye was deel van die Veelparty-handves. Die Change Starts Now-party kon ook nie genoeg handtekeninge kry nie. Nuwe politieke partye moet 15-duisend handtekeninge hê om hul deelname aan die verkiesings te onderskryf.