By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 15 Mar 2024Language: AfrikaansCategory: Community
Kontrakteur vra om veskoning vir waterbreuke in Rocky Ridge
Die kontrakteur PR Civils wat tans besig is met die rioolprojek in Rocky
Ridge Okiep se verteenwoordiger Charles Cloete, wil graag diè gemeenskap om
verskoning vra vir die feit dat daar van tyd tot tyd wateronderbrekings
plaasvind. Hulle doen alles in hul vermoë om die pypbreuke sou gou as moontlik
te herstel in samerwerking met Nama Khoi plaaslike munisipaliteit, om die water
toevoer tot normaal te bring.