By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 15 Mar 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
’n Polisiebeampte van Nababeep weens beweerde wangedrag geskors.
’n
Polisiebeampte van Nababeep is vroeg vandeesmaand, weens beweerde wangedrag
geskors. 'n Anonieme bron het beweer die beampte het 'n onbekende
bedrag geld uit die polisie se kluis gesteel.
Verlede jaar het luitenant-kolonel Nomvula Jacobs, wat as
die waarnemende stasiebevelvoerder van Springbok SAPD gedien het, haarself in
warm water bevind omdat sy glo geld gesteel het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Cherrel Ehlers,
reageer op die media-navraag, sê "'n Skorsingskennisgewing is beteken op
'n beampte wat by Nababeep Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gestasioneer is
in verband met beweerde wangedrag. Die interne dissiplinêre proses duur voort.
Related News